Vertroosting in tye van nood
Die volgende brief is van ’n man in Baltimore, Maryland, VSA, ontvang: “Stuur asseblief die geïllustreerde hardebandboek met 192 bladsye Is hierdie lewe al wat daar is? aan my. Ek wil graag twee eksemplare hiervan hê, want ek wil een vir ’n vriend gee. Ek het die aanbod gesien in ’n pamfletjie met die titel Watter hoop vir afgestorwe dierbares? wat ek onder my deur gekry het. Ek het onlangs ’n dierbare wat ek 35 jaar lank baie lief gehad het aan die dood afgestaan, en die woorde op die pamflet was so interessant en vertroostend dat ek dit nie wou bederf deur die advertensie uit te knip waar die naam en adres ingevul moet word nie. Dankie vir al julle moeite. Van nou af sal ek seker maak dat ek al die lektuur lees wat julle druk.”
Gelukkig is daar ’n hoop vir gestorwe dierbares. Ontvang die hartverblydende bewyse in die boek Is hierdie lewe al wat daar is? tesame met die traktaat Watter hoop vir afgestorwe dierbares? Vul eenvoudig die bygaande koepon in en pos dit.
Ek wil graag die hardebandboek met 192 bladsye Is hierdie lewe al wat daar is? en die traktaat Watter hoop vir afgestorwe dierbares? ontvang. (Skryf buite die RSA aan die plaaslike Wagtoringtak vir inligting. Sien bladsy 2.)