Jehovah gaan die aarde red
’NLUGHAWE op een van die Maldiviese eilande is etlike ure per dag gesluit. Waarom? Omdat water die aanloopbaan met hooggety oorstroom en dit dan vir vliegtuie onveilig is om te land. Party wetenskaplikes vrees dat die seevlak by die Maldiviese eilande binne die volgende eeu met minstens ’n meter kan styg. Hoewel so ’n styging oënskynlik onbeduidend is, kan dit sewe eilandnasies heeltemal uitwis. Trouens, volgens die UN Chronicle kan ’n styging van twee meter feitlik die hele eilandgroep, ongeveer 1 200 eilande, oorspoel!
Waarom styg die seevlak? Volgens die VN se Omgewingsprogram veroorsaak die besoedeling van die aarde se atmosfeer deur “kweekhuisgasse” dat die see in warmer gebiede uitsit, dat ysdekke en gletsers smelt en dat die seevlakke gevolglik styg. Die Panos-Instituut in Londen sê dat besoedeling “moontlik tot ’n langsame wêreldwye ramp aanleiding gegee het wat selfs die grense van land en see verander”.
Die bestaan van wêreldwye verwarming is steeds iets waaroor wetenskaplikes verskil. Maar ons kan seker wees dat omgewingsprobleme nie God se voorneme sal verydel nie. “Die wêreld staan vas”, sê die Bybel. “Dit wankel nie” (1 Kronieke 16:30, NAV). Jehovah het beheer oor die aarde se omgewing, en ons kan verheug wees dat hy binnekort die aarde sowel as die mens van ondergang gaan red.—Psalm 24:1, 2; 135:6; 2 Petrus 3:13.
[Foto-erkenning op bladsy 31]
Drawing based on NASA photo