Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w96 2/1 bl. 32
  • Irina se geliefkoosde liedereboek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Irina se geliefkoosde liedereboek
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
w96 2/1 bl. 32

Irina se geliefkoosde liedereboek

NIE lank gelede nie is Irina, ’n negejariage meisie van Sofia, Bulgarye, as een van Jehovah se Getuies gedoop. Sy hou baie van, sing en geniet dit veral om die liedere in die book Sing lofliedere voor Jehovah te sing. Irina het haar dit dus ten doel gestel om elke maand ’n paar liedere uit haar kop to leer.

Een van Irina se geliefkoosde vakke op skool is musiek. Gevolglik was haar musiekonderwyseres verbaas toe Irina ’n aanbod om in die skoolkoor to sing van die hand gewys het. Waarom het Irina geweier? Sy het besef dat baie van die liedere wat sy sou moes sing volkshelde verheerlik sowel as vakansiedae wat van heidense oorsprong is. Party liedere moedig selfs opstand en geweld aan om volksideale te bevorder. Die onderwyseres kon nie Irina se standpunt oor hierdie saak verstaan nie. Irina het selfs aan haar onderwyseres ’n brief geskryf waarin sy haar godsdiensoortuiging uiteengesit het—maar dit was tevergeefs.

Irina se pa het ’n plan gehad. Hy het vir die onderwyseres ’n eksemplaar van die boek Sing lofliedere voor Jehovah gegee wat die liedere bevat wat Irina so graag sing. ’n Paar dae later het die onderwyseres Irina in die musiekkamer ingeroep. Sy het vir Irina gevra om ’n paar van haar geliefkoosde liedere uit die boek to sing—ten aanhore van haar klasmaats—terwyl die onderwyseres haar op die klavier begelei het. Dit het langer as ’n uur geduur! Die onderwyseres moes erken dot Irina se geliefkoosde liedereboek pragtige melodieë bevat.

    Afrikaanse publikasies (1975-2027)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel