Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w97 4/1 bl. 30-31
  • ’n Huwelik van 403 jaar ondervind probleme

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Huwelik van 403 jaar ondervind probleme
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
w97 4/1 bl. 30-31

’n Huwelik van 403 jaar ondervind probleme

IN Swede het die Kerk en die Staat meer as 400 jaar lank ’n hegte verhouding geniet. Nou verbrokkel die huwelik tussen godsdiens en die regering.

Lutheranisme is in 1593 as die staatsgodsdiens ingestel, en alle Swede moes gedoopte lidmate wees. Jare later, gedurende die 1850’s, is ’n aanpassing gemaak. Dit was nie meer nodig dat Swede gedoop moes wees nie; maar hulle is steeds as lidmate van die Lutherse Kerk beskou. As sodanig is daar vereis dat hulle 1 persent van hulle belasbare inkomste betaal om die kerk te ondersteun en om vir sekere siviele dienste te betaal wat deur die kerk gelewer word. Daar het in onlangser tye nog ’n verandering ingetree. Van 1952 af kon Swede hulle wettiglik aan die kerk onttrek en sodoende daarvan vrygestel word om ’n groot deel van die kerkbelasting te betaal.

In onlangse jare het die Lutherse Kerk sy greep nog verder in Swede verloor. Dit was onafwendbaar, aangesien 10 persent van Swede se bevolking nie-Lutherse immigrante is, onder meer Jode, Katolieke en Moslems. Gevolglik het slegs 86 persent van alle Swede aan die begin van 1996 aan die Lutherse Kerk behoort, en die getal neem steeds af.

Die toenemende onverskilligheid dryf ’n wig tussen die Kerk en die Staat in. Daar is reeds aangekondig dat die koning nie ’n Lutheraan hoef te wees nie, en kinders wat vir ’n Lutherse ouer gebore word, word nie outomaties as lidmate van die Lutherse Staatskerk beskou nie. Daarbenewens “moet plaaslike gemeentes en die staat”, volgens The Dallas Morning News, teen die jaar 2000 “baie eiendomme waardeer en verdeel. Die kerk moet sy jaarlikse begroting van $1,68 miljard [R7,85 miljard] sny, waarvan die meeste deur belasting ingevorder word.” Ná die eeuwisseling sal die kerk sy eie biskoppe aanstel.

Ondanks die feit dat onverskilligheid en dalende lidmaatskap die Christendom teister, groei Jehovah se Getuies in Swede steeds. Die 1997 Yearbook of Jehovah’s Witnesses berig dat daar 24 487 verkondigers van God se Koninkryk in daardie land is, en byna 10 persent van hulle doen dit as voltydse pionierbedienaars. Baie van hulle streef groter diensvoorregte na. Byvoorbeeld, by die streekbyeenkomste van Jehovah se Getuies in 1995 het 20 egpare aansoeke ingedien om as sendelinge by die Wagtoring-Bybelskool Gilead opgelei te word. Daar was toe reeds ongeveer 75 Swede uit vorige klasse wat in verskillende wêrelddele sendingdiens doen. Hulle voortreflike voorbeeld en bemoedigende briewe en besoeke het ongetwyfeld ’n besielende invloed op diegene gehad wat hierdie wonderlike voorreg nou oorweeg.

Terwyl die miljoene in die Christendom ly weens verbreking van gees, ‘jubel Jehovah se Getuies omdat hulle hart vrolik is’.—Jesaja 65:13, 14.

[Kaart op bladsy 30]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

Swede

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel