Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 9/1 bl. 3
  • Kan jy tussen reg en verkeerd onderskei?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan jy tussen reg en verkeerd onderskei?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Goeie gewete voor God
    Hoe om in God se liefde te bly
  • Hoe kan jy ’n goeie gewete behou?
    ‘Hou julle in God se liefde’
  • Is jou gewete goed opgelei?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Hoe kan ek my gewete oplei?
    Jongmense vra
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 9/1 bl. 3

Kan jy tussen reg en verkeerd onderskei?

“Ek het persoonlik omtrent 25 mense doodgemaak. . . . Ek sien dit elke nag en elke dag in my geestesoog. Ek kry nagmerries. . . . Soms wanneer ek iewers heen gaan, sien ek ’n gesig wat my aan die mense herinner wat ek doodgemaak het. Ek kan dit nog duidelik onthou, asof dit vandag, nou net, gebeur het. . . . Ek kan my nie die dinge vergewe wat ek gedoen het nie.”—V.S.

“Ek het die opdrag ontvang om daar in te gaan en die vyand te vernietig. . . . Ek het nie gesit en in terme van mans, vrouens en kinders gedink nie. . . . Ek het destyds gedink, en dink nog steeds, dat ek net gedoen het wat ek beveel is, en ek het die opdragte uitgevoer wat ek ontvang het, en ek dink nie dit was verkeerd om dit te doen nie.”—W.C.

OP 16 Maart 1968 het die twee mans wat hierbo aangehaal word, deelgeneem aan wat later as ’n skokkende oorlogsmisdaad beskou is. Hulle het saam met ander soldate in ’n klein Viëtnamese dorpie ingegaan en honderde burgerlikes vermoor—waaronder vroue, kinders en bejaarde mans. Maar let op die kontrasterende reaksies van hierdie twee soldate. Dit is duidelik dat die eerste soldaat gepynig word deur wat hy gedoen het. Die tweede een dink dat sy dade geregverdig was. Hoe kan twee mense so verskillend op dieselfde ondervinding reageer?

Die antwoord het te doen met die gewete—’n godgegewe vermoë om eerlik na onsself te kyk en ons dade en bedoelings te beoordeel. Die gewete is ons innerlike sin vir reg en verkeerd.

Wanneer party mense besluite moet neem, gebruik hulle die gesegde: “Laat jou gewete jou lei.” Maar ongelukkig is die gewete nie altyd betroubaar nie. Trouens, baie het verskriklike wreedhede toegelaat en selfs gepleeg, sonder dat hulle gewete hulle enigsins gepla het (Johannes 16:2; Handelinge 8:1). Die Engelse romanskrywer Samuel Butler het eenkeer gesê dat die gewete “gou ophou praat met diegene wat nie daarna wil luister nie”.

Kan jy jou gewete vertrou? Die antwoord hang grootliks af van hoe goed dit opgelei is, soos die volgende artikel sal toon.

[Foto-erkenning op bladsy 3]

Boonste oorlogstoneel: Foto van Amerikaanse Seinskorps

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel