Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 10/1 bl. 32
  • Padwysers op die lewensweg

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Padwysers op die lewensweg
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 10/1 bl. 32

Padwysers op die lewensweg

SAL jy padwysers as ’n hindernis beskou indien jy op ’n onbekende pad reis? Waarskynlik nie! Jy sal dit ongetwyfeld as ’n hulpmiddel beskou om te keer dat jy afdwaal van die roete wat na jou bestemming lei.

Maar wat van jou lewensweg? Kan ’n mens suksesvol daarop wandel sonder padwysers? ’n Eertydse profeet van God het die mensdom se beperkinge in hierdie verband erken. Hy het gesê: “Ek weet, Here, die mens kan nie self sy pad kies nie, niemand kan self sy koers bepaal nie.”—Jeremia 10:23, NAV.

Waar kan die nodige leiding dan gevind word? Die betroubare bron van sulke leiding is die mens se Skepper, en die figuurlike padwysers word in die Bybel gevind. Jehovah sê deur middel van sy Woord: “Jou ore sal ’n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.”—Jesaja 30:21.

Ja, God se Woord gee betroubare leiding in elke aspek van ons lewe (Jesaja 48:17; 2 Timoteus 3:16, 17). Ongelukkig probeer die meeste mense onafhanklik van God se leiding op die lewenspad wandel (Matteus 7:13). Nogtans is die padwysers onbeweeglik in posisie geplaas! Sal jy daarop ag slaan terwyl jy op die lewensweg wandel?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel