Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w00 4/15 bl. 3-4
  • Vertroosting—Vandag uiters nodig!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vertroosting—Vandag uiters nodig!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • Laat Jehovah se krag jou vertroos
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Vertroos dié wat treur
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Vertroosting vir die verdruktes
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Troos van “die God van alle vertroosting”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
w00 4/15 bl. 3-4

Vertroosting—Vandag uiters nodig!

“Kyk! die trane van die onderdruktes, maar hulle het geen vertrooster gehad nie; en aan die kant van hulle onderdrukkers was daar mag, sodat hulle geen vertrooster gehad het nie.”—PREDIKER 4:1, NW.

HET jy vertroosting nodig? Smag jy na ’n ligstraaltjie van vertroosting wat deur die donker wolke van wanhoop sal breek? Wil jy graag ’n tikkie verkwikking hê wat ’n lewe sal verbeter wat deur bitter lyding en onaangename ondervindings versuur is?

Op die een of ander tyd het ons almal vertroosting en aanmoediging bitter nodig. Dit is omdat daar soveel dinge in die lewe is wat droefheid veroorsaak. Ons wil almal beskerm, gekoester en geliefd voel. Party van ons het oud geword, en hou nie daarvan nie. Ander is diep teleurgesteld omdat die lewe toe nie is wat hulle verwag het nie. Nog ander word geskok deur die verslag wat hulle van ’n patologielaboratorium af ontvang.

Min mense sal die feit betwis dat gebeure in ons tyd ’n groot behoefte aan vertroosting en hoop laat ontstaan het. Gedurende die afgelope eeu alleen het meer as ’n honderdmiljoen mense in oorloë gesterf.a Byna almal van hulle het ’n bedroefde familie—moeders en vaders, susters en broers, weduwees en wese—agtergelaat wat vertroosting dringend nodig gehad het. Vandag lewe meer as ’n miljard mense in volslae armoede. Die helfte van die wêreldbevolking kan nie op ’n gereelde basis mediese behandeling en noodsaaklike medisyne kry nie. In die strate van besoedelde megastede dwaal miljoene hawelose kinders rond, en baie van hulle gebruik dwelms en is prostitute. Miljoene vlugtelinge kwyn weg in afskuwelike kampe.

Maar al is syfers ook hoe veelseggend, is dit geen aanduiding van die pyn en lyding wat party in hulle persoonlike lewe ervaar nie. Neem byvoorbeeld Svetlana, ’n jong vrou van die Balkan wat in volslae armoede gebore is.b “Om geld te kry”, sê sy, “het my ouers my uitgestuur om te bedel of te steel. Ons gesinslewe het so versleg dat ek ’n slagoffer van bloedskande geword het. Ek het werk as ’n kelnerin gekry, en my ma, wat die geld ontvang het wat ek verdien het, het gesê dat sy selfmoord sal pleeg as ek ooit my werk verloor. Dit alles het daartoe gelei dat ek ’n prostituut geword het. Ek was maar net 13 jaar oud. Na verloop van tyd het ek swanger geword en ’n aborsie ondergaan. Op 15-jarige ouderdom het ek soos ’n 30-jarige gelyk.”

Laimonis, ’n jong man van Letland, sê waarom hy vertroosting nodig gehad het en vertel van die onaangename herinneringe wat hom neerslagtig gemaak het. Toe hy 29 was, het hy ’n motorongeluk gehad waarna hy van sy middel af ondertoe verlam was. Hy was heeltemal moedeloos en het hom tot alkohol gewend. Vyf jaar later was hy ’n wrak—’n verlamde alkoholis sonder ’n toekoms. Waar kon hy vertroosting kry?

Of dink aan Angie. Haar man het drie breinoperasies ondergaan, waarna hy gedeeltelik verlam was. Vyf jaar ná die laaste operasie was hy betrokke in ’n baie ernstige ongeluk, waarin hy sy lewe kon verloor het. Toe sy vrou by die ongevallesaal instap en haar man sien waar hy in ’n koma lê nadat hy ’n baie ernstige kopbesering opgedoen het, het sy geweet dat die pad vorentoe vir haar en haar familie baie moeilik gaan wees. Waar kon sy ondersteuning en aanmoediging kry?

Vir Pat het ’n winterdag ’n paar jaar gelede heel normaal begin. Maar van die daaropvolgende drie dae kan sy niks onthou nie. Haar man het haar later vertel dat sy ná kwaai borspyne hartverlamming gehad het. Haar hart het baie vinnig en ongereeld begin klop, en toe het dit heeltemal opgehou klop. Sy het nie meer asemgehaal nie. “Ek was eintlik klinies dood”, sê Pat. Maar sy het dit op die een of ander manier oorleef. Van haar lang tyd in die hospitaal sê sy: “Baie van die toetse het my vreesbevange gemaak, veral toe hulle probeer het om my hart weer te kry om te fibrilleer en te stop, soos dit oorspronklik gedoen het.” Wat kon haar tydens hierdie kritieke tyd die nodige vertroosting en verligting gee?

Joe en Rebecca het hulle 19-jarige seun in ’n motorongeluk verloor. “Ons het nog nooit met iets te doen gehad wat so verpletterend is nie”, sê hulle. “Hoewel ons in die verlede saam met ander oor hulle verliese getreur het, het ons nog nooit werklik die groot hartseer ervaar wat ons nou het nie.” Wat kan verligting bring vir so ’n “groot hartseer”—die geweldige droefheid wanneer ’n mens iemand verloor vir wie jy baie lief is?

Al hierdie mense, en miljoene ander, het in werklikheid ’n onvergelyklike bron van vertroosting en verkwikking gevind. Lees gerus verder om te sien hoe jy ook by hierdie bron kan baat vind.

[Voetnote]

a Die werklike getal militêre personeel en burgerlikes wat gesterf het, is nie bekend nie. Die boek Facts About the American Wars vir 1998 sê byvoorbeeld van die Tweede Wêreldoorlog alleen: “Die meeste bronne sê dat altesaam 50 miljoen (militêre personeel en burgerlikes) as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog gesterf het, maar baie wat die onderwerp noukeurig ondersoek het, glo dat die ware syfer hoër is—tot twee keer soveel.”

b Die naam is verander.

[Foto-erkennings op bladsy 3]

UNITED NATIONS/PHOTO BY J. K. ISAAC

UN PHOTO 146150 BY O. MONSEN

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel