Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w03 6/1 bl. 32
  • ‘Salomo was nie geklee soos een van hulle nie’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Salomo was nie geklee soos een van hulle nie’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
w03 6/1 bl. 32

‘Salomo was nie geklee soos een van hulle nie’

VELDBLOMME, soos dié op die foto, word dikwels langs paaie in Suider-Afrika gesien. Dit word kosmos genoem en is inheems aan die Amerikaanse trope. Hierdie pragtige blomme laat ons dalk dink aan ’n les wat Jesus mense geleer het. Baie van sy toehoorders was arm, en hulle was besorg oor hulle fisiese behoeftes, soos kos en klere.

“Wat klere betref”, het Jesus gevra, “waarom kwel julle julle? Leer ’n les by die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle swoeg nie, en hulle spin ook nie; maar ek sê vir julle dat nie eens Salomo in al sy heerlikheid soos een van hulle geklee was nie.”—Matteus 6:28, 29.

Baie het al gegis oor watter soort veldblom Jesus in gedagte gehad het. Jesus het egter verder gegaan en dit met gewone plante vergelyk deur te sê: “As God dan die plantegroei van die veld, wat vandag hier is en môre in die oond gegooi word, so klee, sal hy julle nie veel eerder klee nie, julle kleingelowiges?”—Matteus 6:30.

Hoewel kosmos nie inheems is aan Israel nie, steun dit die les wat Jesus geleer het. Of dit nou van ver af gesien of van naderby bekyk word, kosmos is werklik pragtig en ’n gunstelingonderwerp vir fotograwe en kunstenaars. Ja, Jesus het dus nie oordryf toe hy gesê het dat “nie eens Salomo in al sy heerlikheid soos een van hulle geklee was nie”.

Wat leer ons vandag hieruit? Diegene wat God dien, kan seker wees dat hy hulle sal help om selfs in moeilike tye lewensbenodigdhede te bekom. Jesus het verduidelik: “Soek voortdurend [God se] koninkryk, en hierdie dinge [soos die nodige kos en klere] sal vir julle bygevoeg word” (Lukas 12:31). Ja, dit bring ware voordele mee as ’n mens God se Koninkryk soek. Maar weet jy wat God se Koninkryk is en wat dit vir die mensdom sal doen? Jehovah se Getuies sal jou met graagte help om die antwoorde in die Bybel te vind.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel