’n Dag om te onthou
DIE aand voor sy dood het Jesus Christus ongesuurde brood en ’n beker rooiwyn vir sy apostels gegee en vir hulle gesê om te eet en te drink. Hy het ook vir hulle gesê: “Hou aan om dit tot my gedagtenis te doen.”—Lukas 22:19.
Vanjaar val die herdenking van hierdie gebeurtenis op Sondag, 4 April, ná sononder. Jehovah se Getuies in alle wêrelddele sal op hierdie aand vergader om die Gedenkmaal te vier op die wyse wat Jesus voorgeskryf het. Jy word hartlik uitgenooi om dit by te woon. Vind gerus by Jehovah se Getuies in jou omgewing uit presies waar en hoe laat hierdie spesiale vergadering gehou gaan word.