Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w07 7/1 bl. 32
  • Belangrike lesse vir kinders

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Belangrike lesse vir kinders
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
w07 7/1 bl. 32

Belangrike lesse vir kinders

GLADYS werk by ’n skool in Mendoza, Argentinië. Eendag het sy by ’n klaskamer verbygestap en gesien dat die onderwyseres vir haar graadvierleerders uit My boek met Bybelverhale lees.a Gladys het haar as een van Jehovah se Getuies aan die onderwyseres voorgestel en aangebied om vir haar te wys hoe om die publikasie ten beste te benut. Die onderwyseres was beïndruk met wat Gladys aan haar verduidelik het en wou die boek ’n gereelde deel van die leerplan maak. Sy moes egter toestemming kry by die skool se administrasie. Tot haar vreugde is toestemming verleen.

Later, tydens ’n Boekdagprogram by die skool, het die onderwyseres vir haar leerders gesê dat hulle ’n hoofstuk uit die boek vir hulle skoolmaats moet voorlees. As gevolg van die goeie reaksie hierop is die onderwyseres genooi om as ’n gas op ’n plaaslike televisieprogram te verskyn. Toe die gedrag van skoolkinders gemeld is, het die programaanbieder haar gevra: “Hoe hou jy die kinders in jou klaskamer onder beheer?” Die onderwyseres het gemeld dat sy ’n publikasie gebruik met die titel My boek met Bybelverhale. Sy het verduidelik dat sy, hoewel sy nie godsdiensonderrig in haar klaskamer gee nie, deur middel van hierdie boek sedelike waardes soos respek, verdraagsaamheid, eenheid, samewerking, gehoorsaamheid en liefde by die kinders inskerp. Almal het saamgestem dat dit belangrike lesse is vir kinders om te leer.

Sal jy graag sulke waardes by jou kinders wil inskerp? Jy kan een van Jehovah se Getuies vir ’n eksemplaar van die interessante publikasie My boek met Bybelverhale vra.

[Voetnoot]

a Uitgegee deur Jehovah se Getuies.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel