“Stry die voortreflike stryd van die geloof”
1 Die apostel Paulus het Timoteus vermaan om “die voortreflike stryd van die geloof [te stry]” (1 Tim. 6:12). Paulus het self volgens daardie woorde geleef. Teen die einde van sy lewe het hy met sekerheid gesê dat hy self die voortreflike stryd gestry het (2 Tim. 4:6-8). Hy het in elke opsig die bediening met vrymoedigheid, durf en volharding uitgevoer. Deur sy voorbeeld na te volg, kan ons dieselfde innerlike sekerheid hê dat ons ons bes doen in ons stryd vir die Christelike geloof.
2 Groter inspanning is nodig: Paulus het hard gewerk in die bediening (1 Kor. 15:10). Ons werk ook hard terwyl ons na verdienstelikes in ons gebied soek (Matt. 10:11). Om party van hulle te bereik, moet ons dalk vroeg opstaan om vir diegene op straat te getuig. Dit kan ook beteken dat ons laatmiddag of vroegaand moet werk om mense te vind nadat hulle tuisgekom het.
3 Dit verg selfdissipline en ’n goeie rooster om betyds te wees vir die velddiensvergadering saam met ons boekstudiegroep. Sommige lede van die Bethelgesin ry byvoorbeeld tot 45 minute een rigting om oor naweke saam met hulle toegewese gemeente aan die bediening deel te neem. Ons waardeer ook party verkondigers en gesinne in ons gemeente wat ’n hele ent moet ry, maar nog steeds betyds is. Sulke voorbeelde van ywer en persoonlike organisasie is navolgenswaardig.
4 Ons moet gemotiveerd wees om terug te gaan na enige belangstelling wat ons vind. Selfs wanneer ons lektuur op straat of in informele omstandighede versprei, moet ons ’n poging aanwend om die persoon se adres of telefoonnommer te kry. Dan kan ons met hom in aanraking kom om die belangstelling verder te kweek en ’n Bybelstudie te probeer begin.
5 Neem gereeld aan velddiens deel: Paulus was konsekwent en deeglik in die getuieniswerk (Rom. 15:19). Wat van jou? Neem jy gereeld aan die bediening deel? Het jy al hierdie maand aan die velddiens deelgeneem? Die Gemeentelike Boekstudiehouers wil graag sien dat almal in hulle groep gedurende Augustus aan die bediening deelneem. Hulle sal jou help om dit te doen.
6 As ons Paulus se voorbeeld volg om die goeie nuus ten volle te ondersteun, sal ons voortgaan om “die voortreflike stryd van die geloof [te stry]”.