Teokratiese nuus
◼ Ons is bly om aan te kondig dat nog nege Koninkryksale in onlangse maande toegewy is. Hulle is: Prieska (Noord-Kaap), Osizweni-Sentraal (Newcastle), Bophelong (Gauteng), Dwarsloop (Mpumalanga), Longwood (St. Helena), Mazenod en Sekake (Lesotho), asook Lithotaneng en Riverside (Vrystaat). Die Streekboukomitees gee uitstekende ondersteuning aan gemeentes wat ’n Koninkryksaal nodig het. Ons waardeer hulle selfopofferende gees en die goeie ondersteuning van al die vrywilligers.