Die streekbyeenkoms spoor ons aan om met God te wandel
Hoe het die “Wandel met God”-streekbyeenkoms tog Jehovah se duidelike riglyn laat weerklink: “Dit is die weg. Wandel daarop”! (Jes. 30:21). As ons die onderrigting toepas wat ons daar ontvang het, sal dit makliker wees om ‘voortdurend streng te let op hoe ons wandel’ (Ef. 5:15). As ons nadink oor wat ons geleer het, sal dit ons help terwyl ons “voortgaan om in die waarheid te wandel”.—3 Joh. 3.
Gebruik die volgende vrae sowel as jou persoonlike aantekeninge om vir die hersiening van die byeenkomsprogram voor te berei en daaraan deel te neem. Die hersiening sal die week van 21 Februarie tydens die Diensvergadering gehou word.
1. Hoe kon Henog met God wandel al het hy in moeilike tye geleef? (Heb. 11:1, 5, 6; Jud. 14, 15; “Wandel met God in moeilike tye”).
2. Op watter gebiede van die lewe kan die beginsel in Lukas 16:10 toegepas word? (“Is jy ‘in die geringste getrou’?”).
3. (a) Noem vier praktiese lesse in Hosea hoofstukke 6 tot 9 wat ons sal help om met God te wandel (Hos. 6:6, 7; 7:14; 8:7). (b) Watter bykomende gedagtes uit Hosea hoofstukke 10 tot 14 help ons om met God te wandel? (“Hosea se profesie help ons om met God te wandel”—Simposium).
4. Watter praktiese dinge kan Christenmans en -vroue doen om hulle huwelik sterk te hou? (Spr. 12:4; Ef. 5:29; “Moenie skei ‘wat God onder een juk saamgevoeg het’ nie”).
5. Hoe toon ons respek vir ons heilige samekomste? (Pred. 5:1; Jes. 66:23; “Toon respek vir ons heilige samekomste”).
6. (a) Watter drie belangrike aspekte van ons predikingswerk moet ons ontleed om seker te maak dat ons ’n betekenisvolle aandeel daaraan het? (Jes. 52:7; Sag. 8:23; Mark. 6:34). (b) Watter kenmerke van die publikasie Good News for People of All Nations is vir jou besonder nuttig? (“Goeie nuus vir mense van alle nasies”; “Help diegene wat ’n ander taal praat”).
7. Hoe kan ons nuwelinge help om vertroue op te bou om die Koninkryksboodskap bekend te maak? (Rigt. 7:17; “Help menigtes om in die bediening by ons aan te sluit”).
8. Hoe toon ons ons oortuiging dat ‘die groot dag van Jehovah naby is’? (Sef. 1:14; “Wandel deur geloof, nie deur aanskouing nie”).
9. (a) Hoe ernstig is struikeling? (Mark. 9:42-48). (b) Hoe kan ons voorkom dat ons struikel? (Ps. 119:165). (c) Hoe kan ons voorkom dat ons ander laat struikel? (1 Kor. 10:24; “Vermy ‘enige rede tot struikeling’”).
10. Hoe kan ons gebalanseerd bly wanneer ons ’n huweliksmaat soek, goeie gesondheid nastreef en sakeaangeleenthede hanteer? (Ps. 26:4; Matt. 6:25; 1 Tim. 6:9; “Bly volkome nugter van verstand”).
11. (a) Wat is merkwaardig omtrent die tye wanneer Jesus die gasvryheid van ander geniet het? (Luk. 10:42; 24:32). (b) Hoe kan ons in die behoefte aan ontspanning voorsien sodat ons en ander verkwik voel? (1 Kor. 10:31-33; “Heilsame bedrywighede wat verkwik”).
12. Watter seëninge ontvang ons as Jehovah se skape volgens die 23ste Psalm, en wat is ons verantwoordelikhede? (1 Kor. 10:21; “Jehovah is ons Herder”).
13. Hoe slaan Christene ag op die geïnspireerde raad om ‘die geleë tyd uit te koop’? (Ef. 5:16; “Koop die geleë tyd uit”).
14. (a) Wat sluit “die uur van die oordeel” in wat in Openbaring 14:7 genoem word? (b) Hoe lewer ons bewys dat ons werklik afgeskeie is van Babilon die Grote? (“‘Hou aan waak’—Die oordeelsuur het aangebreek”). (c) Watter gedagtes in die Hou aan waak!-brosjure het jy geniet?
15. Noem drie eienskappe wat nodig is sodat ons nie “die reguit weg verlaat” nie (2 Pet. 2:15; “Wees op jou hoede sodat jy nie ‘die reguit weg verlaat’ nie”).
16. Hoe kan jongmense “die pad van die goddeloses” vermy? (Spr. 4:14; “Jongmense—Wandel op die pad van regverdigheid”).
17. (a) In watter opsigte was Paulus ’n uitstekende voorbeeld van volharding? (Hand. 14:19, 20; 16:25-33). (b) Waarom hoef ons nie bang te wees vir teenstanders van ware aanbidding nie? (Drama en die toespraak “Getuig vandag deeglik ondanks teenstand”).
18. Watter seëninge geniet dié wat met God wandel? (“Wandel met God en geniet seëninge—nou en vir ewig”).
Mag ons vasbeslote wees om ag te slaan op ‘die woord agter ons’ sodat ons vir ewig met ons hemelse Vader kan wandel.—Jes. 30:21; Joh. 3:36.