Wat ons oor die tydskrifte kan sê
Wagtoring 15 Jan.
“Ons almal wil graag ’n beter lewe vir ons en ons kinders hê, maar baie voel dat dit buite ons beheer is. Dink jy ons het enige beheer oor ons toekoms? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif toon uit die Bybel dat dit nie buite ons beheer is nie, maar dat ons toekoms afhang van die keuses wat ons nou maak.” Lees Deuteronomium 30:19.
Ontwaak! 22 Jan.
“Wanneer ons gesondheidsprobleme het, waardeer ons almal ’n dokter wat ons gevoelens in ag neem. Maar dink jy daar is baie pasiënte wat hulle dokter se gevoelens in ag neem? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif ondersoek die uitdagings waarvoor dokters te staan kom en wat die toekoms vir die geneeskunde inhou.” Lees Jesaja 33:24.
Wagtoring 1 Feb.
“Is dit nie ontstellend dat soveel mense wat vandag lewe die slagoffers van onderdrukking en geweld is nie? [Meld ’n onlangse voorbeeld waarvan mense in julle gebied weet, en wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif bespreek hoe God menselewe beskou. Dit verduidelik ook hoe hy ons sal verlos van die lyding wat daar vandag bestaan.” Lees Psalm 72:12-14.
Ontwaak! 8 Feb.
“Een van die grootste uitdagings waarvoor ons vandag te staan kom, is stres. Voel jy ook so? [Wag vir ’n antwoord.] Die Bybel het akkuraat voorspel dat dit die geval sou wees. [Lees 2 Timoteus 3:1.] Hierdie tydskrif bevat praktiese wenke wat jou en jou gesin kan help om stres die hoof te bied.”