SKATTE UIT GOD SE WOORD | JESAJA 29-33
“’n Koning sal vir regverdigheid regeer”
Jesus, die Koning, voorsien “vorste”, of ouer manne, wat vir die kudde sorg
Net soos “’n skuiling teen die reënstorm” beskerm hulle die kudde teen die storms van vervolging en moedeloosheid
Net soos “waterstrome in ’n waterlose land” verkwik hulle diegene wat geestelik dors is deur hulle rein waarhede te leer
Net soos “die skaduwee van ’n groot, swaar rots in ’n uitgeputte land” bring hulle verligting aan die kudde deur geestelike leiding en verkwikking te voorsien