Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb18 Augustus bl. 7
  • Jesus het ook vir jou broer gesterf

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus het ook vir jou broer gesterf
  • Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2018
  • Soortgelyke materiaal
  • Behou die eenheid in die gemeente
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Los geskille in ’n gees van liefde op
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Bewaar Christus se geestesgesindheid in julle
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Moenie “hierdie kleintjies” laat struikel nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan(Studie-uitgawe) — 2021
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2018
mwb18 Augustus bl. 7
Jesus praat met sy volgelinge

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Jesus het ook vir jou broer gesterf

Jesus het sy lewe vir onvolmaakte mense opgeoffer (Ro 5:8). Ons waardeer beslis die feit dat Jesus sy liefde vir ons getoon het deur sy lewe vir ons te gee. Maar soms moet ons onsself daaraan herinner dat Christus ook vir ons broer gesterf het. Hoe kan ons Christelike liefde wys vir ons broers en susters wat soos ons ook onvolmaak is? Kom ons kyk na drie maniere. Eerstens kan ons ons vriendekring uitbrei deur vriende te maak met persone wat nie dieselfde agtergrond as ons het nie (Ro 15:7; 2Ko 6:12, 13). Tweedens moet ons oppas dat ons nie iets doen of sê wat ander kan seermaak nie (Ro 14:13-15). Laastens, as iemand teen ons sondig, moet ons gou wees om te vergewe (Lu 17:3, 4; 23:34). As ons hard werk om Jesus op hierdie maniere na te volg, sal Jehovah aanhou om die gemeente met vrede en eenheid te seën.

KYK NA DIE VIDEO WORD NOG MOOIER! EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Miki se nuwe gemeente verwelkom haar

    Hoe het Miki aan die begin oor haar gemeente gevoel?

  • Miki is geïrriteerd met ander in die gemeente

    Wat het gemaak dat sy anders begin voel het?

  • Jesus behandel sy apostels op ’n liefdevolle manier selfs al het hulle aan die slaap geraak

    Hoe het Jesus se voorbeeld Miki gehelp om haar beskouing te verander? (Mr 14:38)

  • Miki lag wanneer ’n seuntjie teen haar stamp en veroorsaak dat koeldrank op haar klere mors

    Hoe kan Spreuke 19:11 ons help om die goeie in ons broers en susters te sien?

IETS OM OOR NA TE DINK:

Onthou ek steeds hoe iemand my ontstel het, hoewel ek hulle eintlik moet vergewe?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel