SKATTE UIT GOD SE WOORD | TITUS 1–FILEMON
Stel ouermanne aan
Titus het die opdrag gekry om ouermanne in stad na stad aan te stel. Kringopsieners volg vandag hierdie Bybelse voorbeeld wanneer hulle broers in die gemeente aanstel.
BESTUURSLIGGAAM
Die Bestuursliggaam volg die eerste-eeuse voorbeeld deur kringopsieners die ernstige verantwoordelikheid te gee om ouermanne en bedieningsknegte aan te stel.
KRINGOPSIENERS
Elke kringopsiener moet die aanbevelings wat deur die ouermanne gemaak is, noukeurig oorweeg en daaroor bid en dan die broers wat kwalifiseer, aanstel.
AANGESTELDE OUERMANNE
Selfs nadat ouermanne aangestel is, moet hulle voortgaan om aan die skriftuurlike vereistes te voldoen.