Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ti bl. 2-3
  • Moet jy dit glo?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Moet jy dit glo?
  • Moet jy aan die Drie-eenheid glo?
  • Soortgelyke materiaal
  • Studievrae vir die brosjure Moet jy aan die Drie-eenheid glo?
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Deel 1—Het Jesus en sy dissipels die Drie-eenheidsleer verkondig?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Is dit onteenseglik ’n Bybelleerstelling?
    Moet jy aan die Drie-eenheid glo?
  • Die Drie-eenheid-Moet jy dit glo?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
Sien nog
Moet jy aan die Drie-eenheid glo?
ti bl. 2-3

Moet jy dit glo?

GLO jy aan die Drie-eenheid? Die meeste mense in die Christendom glo daaraan. Dit is immers al eeue lank die sentrale leerstelling van die kerke.

Met die oog hierop sou jy dink dat dit buite twyfel staan. Maar dit word wel in twyfel getrek, en in die laaste tyd het selfs party voor­standers daarvan die geskil aangeblaas.

Waarom moet so ’n onderwerp van meer as bloot terloopse belang wees? Omdat Jesus self gesê het: “Dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus, wat U gestuur het.” Ons hele toekoms hang dus af van juiste kennis van God se ware natuur, en dit beteken dat ons tot die kern van die Drie-eenheidsgeskil moet deurdring. Ondersoek dit dus gerus self.—Johannes 17:3.

Daar bestaan verskeie begrippe oor die Drie-eenheid. Maar oor die algemeen sê die Drie-eenheidsleer dat die Godheid uit drie persone, Vader, Seun en Heilige Gees, bestaan; maar dat hulle saam net een God uitmaak. Die leerstelling sê dat die drie gelyk, almagtig en ongeskape is, aangesien hulle nog altyd in die Godheid bestaan.

Ander sê egter dat die Drie-eenheidsleer vals is, dat die almagtige God alleen staan as ’n afsonderlike, ewige en almagtige wese. Hulle sê dat Jesus in sy voormenslike bestaan, soos die engele, ’n afsonderlike geespersoon was wat deur God geskep is en dat hy gevolglik ’n begin moes gehad het. Hulle sê dat Jesus nog nooit in enige sin die almagtige God se gelyke was nie; hy was nog altyd en is steeds ondergeskik aan God. Hulle glo ook dat die heilige gees nie ’n persoon is nie, maar God se gees, sy werkende krag.

Voorstanders van die Drie-eenheid sê dat dit nie net op godsdienstradisie gegrond is nie, maar ook op die Bybel. Kritici van die leerstelling sê dat dit nie ’n Bybelleerstelling is nie, en een geskiedenisbron sê selfs: “Die oorsprong van die [Drie-eenheid] is geheel en al heidens.”—The Paganism in Our Christianity.

As die Drie-eenheid waar is, verkleineer dit Jesus om te sê dat hy nooit as deel van ’n Godheid aan God gelyk was nie. Maar as die Drie-eenheid vals is, verkleineer dit die almagtige God om enigiemand sy gelyke te noem en verkleineer dit hom selfs meer om Maria die “Moeder van God” te noem. As die Drie-eenheid vals is, onteer dit God om te sê, soos die boek Catholicism verklaar: “Tensy [mense] hierdie Geloof ongeskonde en rein hou, sal [hulle] ongetwyfeld die ewige vernietiging ondergaan. En die Katolieke Geloof is die volgende: ons aanbid een God in ’n Drie-eenheid.”

Jy het dus grondige redes om te wil weet wat die waarheid aangaande die Drie-eenheid is. Maar voordat ons ondersoek instel na die leerstelling se oorsprong en die bewering dat dit waar is, sal dit nuttig wees om hierdie leerstelling duideliker te definieer. Wat is die Drie-eenheid presies? Hoe verduidelik voorstanders van die leerstelling dit?

[Prente op bladsy 2]

Links: Egiptiese beeldhouwerk uit die tweede millennium (v.G.J.). Triade van Amon-Ra, Ramses II en Mut. Regs: Veertiende-eeuse (G.J.) Drie-eenheidsbeeld van Jesus Christus, die Vader en die heilige gees. Let op dat daar drie persone maar net vier bene is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel