Lied 144
Dit kan hul red
In die gunstige tyd
van ons God moet almal hoor
Dat sy groot dag sal kom,
en daar’s bitter min tyd oor.
(REFREIN)
Dit kan hul red, maar dis nie al;
Ons lewe’s ook op die spel.
Dit kan hul red, hul moet dit hoor.
Ons moet die nasies bly vertel;
Bly vertel.
Ons verkondig die boodskap,
getrou sal ons dit doen.
En ons nooi alle mense:
‘Word nou met God versoen.’
(REFREIN)
Dit kan hul red, maar dis nie al;
Ons lewe’s ook op die spel.
Dit kan hul red, hul moet dit hoor.
Ons moet die nasies bly vertel;
Bly vertel.
(OORGANG)
Dis dringend, dis belangrik,
Dat mense luister, leer en leef.
Ons help hul en ons leer hul
Om God se guns nou na te streef.
(REFREIN)
Dit kan hul red, maar dis nie al;
Ons lewe’s ook op die spel.
Dit kan hul red, hul moet dit hoor.
Ons moet die nasies bly vertel;
Bly vertel.
(Sien ook 2 Kron. 36:15; Jes. 61:2; Eseg. 33:6; 2 Tess. 1:8.)