This article comes from 1977.11.15
Nuwe lede van die Bestuursliggaam
Op 7 September 1977 het die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies besluit om drie gesalfde broers te nooi om saam met hulle te kom dien. Die nuwe lede van die Bestuursliggaam is Carey W. Barber van die Verenigde State, John E. Barr van Londen, Engeland, en Martin Poetzinger van die Federale Republiek van Duitsland. Broer Barber is al van 1923 af in voltydse diens en het in die Brooklynse Bethel en in die reisende diens gedien. Broer Barr dien al meer as sewe-en-dertig jaar in die voltydse diens in die Britse Eilande; hy het verskillende dienste in die Londense Bethel verrig en dien die afgelope tyd as sekretaris-tesourier van die Internasionale Bybelstudentevereniging. Martin Poetzinger het in 1926 in Koninkryksdiens getree en in 1930 ’n pionier geword. Hy is ’n gegradueerde van die Wagtoring-Bybelskool Gilead. Sy voltydse diens is tydelik onderbreek toe hy gedurende die jare van vervolging deur die Nazi’s in ’n konsentrasiekamp gevange gehou is. Ons sien uit daarna dat hierdie drie broers die werk van die Bestuursliggaam help behartig terwyl die Koninkryksdiens steeds toeneem. Die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies bestaan nou uit agttien lede.