Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag
Die voorsiening van spesiale byeenkomsdae het in 1987 begin. Hierdie eendagsamekomste is opbouend vir Jehovah se knegte en vir belangstellendes wat dit bywoon. Vanaf September 1998 sal ’n nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag aangebied word. Jy sal die nege toesprake en die talle onderhoude en ondervindinge geestelik voordelig vind.
“Toon waardering vir Jehovah se tafel” is die tema van die nuwe program (Jes. 65:14; 1 Kor. 10:21). Dit sal ons voorneme versterk dat ons aanbidding van Jehovah die vernaamste plek in ons lewe moet inneem (Ps. 27:4). Die kringopsiener se deel “Ondersoek die neigings van ons hart” sal oor vergaderingbywoning handel. ’n Gasspreker sal die tema “Handhaaf jou geestelikheid deur by Jehovah se tafel aan te sit” met ons bespreek. Jongmense in Jehovah se organisasie sal ook op praktiese wyse aangemoedig word om standvastig te bly terwyl hulle God dien. Die besoekende spreker se hooftoespraak, met die titel “Geestelik versterk om ’n moedige getuienis te gee”, sal toon hoe die voorsienings wat deur die gemeente gemaak word ons toerus om met vrymoedigheid oor die Koninkryk te getuig. Wie sal nie by hierdie program wil baat vind nie?
Pastoegewydes wat graag gedoop wil word, moet die presiderende opsiener so gou moontlik daarvan in kennis stel. Noudat ons die 12de jaar van die spesiale byeenkomsdagreëling ingaan, is ons vol vertroue dat elkeen wat dit bywoon geestelik versterk sal wees vir die werk wat voorlê.