Sal jy daarby baat vind om persoonlike gebied te hê?
1. Wat is persoonlike gebied?
1 Wat is persoonlike gebied? Dit is jou eie gebied, miskien naby jou huis, wat in gemeentes met baie gebied beskikbaar is. Bladsy 103 van die Georganiseer-boek verduidelik: “So ’n gerieflik geleë persoonlike gebied sal jou in staat stel om die tyd wat jy aan velddiens kan wy, ten beste te benut. Jy kan ook ’n ander verkondiger nooi om saam met jou in jou persoonlike gebied te werk.”
2. Hoe kan persoonlike gebied gebruik word om groepgetuieniswerk aan te vul?
2 Om groepgetuieniswerk aan te vul: As jy persoonlike gebied naby jou werk kry, kan jy gedurende jou etensuur of voordat jy huis toe gaan, aan die bediening deelneem, dalk saam met ’n ander verkondiger wat daar naby werk. As jy gebied naby jou huis kry, sal dit vir jou en jou gesin gerieflik wees om aandgetuieniswerk daar te doen. As jy nie ’n velddiensvergadering bywoon nie, is dit natuurlik gepas om vir Jehovah se leiding te bid voordat jy begin preek (Fil. 4:6). En wees versigtig dat jy nie te veel in jou persoonlike gebied werk en die gemeente se reëlings vir groepgetuieniswerk dan nalaat nie. Dit is veral oor naweke, wanneer baie die velddiensvergadering bywoon, goed om jou velddiensgroep te ondersteun.
3. Watter voordele hou dit in om persoonlike gebied te hê?
3 Voordele: As jy persoonlike gebied het, sal jy altyd gebied hê waarin jy kan preek wanneer jy ook al tyd het. Jy kan meer tyd aan die predikingswerk wy en minder tyd daaraan bestee om heen en weer te ry. Die groter aanpasbaarheid maak dit vir party moontlik om as hulppioniers of gewone pioniers te dien. Aangesien die huisbewoners wat belangstelling toon, in dieselfde buurt woon, is dit makliker om herbesoeke te doen en Bybelstudies te hou. Baie vind dat die predikingswerk in hulle persoonlike gebied hulle help om die huisbewoners te leer ken en hulle vertroue te wen, veral as die gebied meer as een keer gedek kan word voordat die gebiedskaart teruggegee word sodat ander dit kan aanvra. Sal dit jou en jou gesin help om julle bediening ten volle uit te voer as julle persoonlike gebied het om in te werk?—2 Tim. 4:5.