Voetnoot
i Dit is beïnvloed deur die opvatting dat die sewende millennium van mensegeskiedenis in 1873 begin het en dat ’n tydperk van Goddelike onguns (wat net so lank sou duur as ’n vorige tydperk wat as ’n tydperk van guns beskou is) oor natuurlike Israel in 1878 ten einde sou loop. Die chronologie was gebrekkig omdat dit gebaseer was op ’n onjuiste vertaling van Handelinge 13:20 in die King James Version, omdat daar geglo is dat ’n oorskrywingsfout in 1 Konings 6:1 begaan is en omdat Bybelse sinchronismes nie in aanmerking geneem is met die datering van die heerskappye van die konings van Juda en van Israel nie. ’n Duideliker begrip van Bybelchronologie is gepubliseer in die boek “Die waarheid sal julle vrymaak”, wat in 1943 (in Engels) uitgegee is, en dit is toe die volgende jaar in die boek “The Kingdom Is at Hand” sowel as in ander publikasies bygewerk.