Voetnoot
k 310 U.S. 586 (1940). Walter Gobitas (die regte spelling), die vader, en sy kinders William en Lillian, het hof toe gegaan om te verhinder dat die skoolraad weier om die twee kinders, wat nie die landsvlag wou salueer nie, toe te laat om die Minersville- openbare skool by te woon. Die federale streekhof en die rondgaande appèlhof het albei ten gunste van Jehovah se Getuies beslis. Daarna het die skoolraad die saak na die Appèlhof geappelleer.