Voetnoot
b Die Bybelvertaler Hieronimus (gebore in die vierde eeu G.J.) het op hierdie vers kommentaar gelewer en vertel van ’n ou gebruik wat afgodedienaars op die laaste dag van die laaste maand van hulle jaar onderhou het. Hy het geskryf: “Hulle het ’n tafel gedek met verskillende soorte kos en ’n beker met gemengde soet wyn om geluk vir die vrugbaarheid van die afgelope of komende jaar te verseker.”