Voetnoot
b Om die sonde van Adam ongedaan te maak, moes Jesus sterf, nie as ’n volmaakte kind nie, maar as ’n volmaakte man. Onthou, Adam se sonde was opsetlik, gedoen in die volle wete van hoe ernstig die daad en die gevolge is. Om dan “die laaste Adam” te word en daardie sonde te bedek, moes Jesus ’n volwasse, ingeligte besluit neem om sy integriteit teenoor Jehovah te handhaaf (1 Korintiërs 15:45, 47). Jesus se hele getroue lewensweg – met inbegrip van sy offerdood – het dus as “een regverdige daad” gedien. – Romeine 5:18, 19.