Voetnoot
Party vertalings sê “moenie oordeel nie” en “moenie veroordeel nie”. Sulke weergawes impliseer “moenie begin oordeel nie” en “moenie begin veroordeel nie”. Maar die Bybelskrywers gebruik hier negatiewe bevele in die teenswoordige tyd met werkwoorde wat voortdurende handeling aandui. Die betrokke handelinge het dus reeds op dié tydstip plaasgevind, maar moes ophou.