Voetnoot
d Jesus het ’n soortgelyke punt gemaak in sy illustrasie van ’n reisende koopman wat ’n pêrel van groot waarde gaan soek. Wanneer die koopman dit vind, verkoop hy alles wat hy het en koop hy dit (Matt. 13:45, 46). Die twee gelykenisse leer ons ook dat ons op verskillende maniere van Koninkrykswaarheid te wete kan kom. Party kom as ’t ware toevallig daarop af; ander soek daarna. Maar ongeag hoe ons die waarheid vind, ons is bereid om opofferings te maak sodat ons die Koninkryk eerste in ons lewe kan stel.