Voetnoot
a ’n Mens kan moontlik aflei hoe intens Jesus se lyding was uit die feit dat hy as ’n volmaakte mens ná net ’n paar uur aan die folterpaal gesterf het, terwyl die kwaaddoeners wat langs hom gehang het se bene gebreek moes word om hulle dood te bespoedig (Johannes 19:31-33). Hulle het nie die geestes- en fisiese lyding ervaar waaraan Jesus gedurende daardie slapelose nag onderwerp is voordat hy aan ’n folterpaal genael is nie, wat moontlik so erg was dat hy nie eers sy eie folterpaal kon dra nie.—Markus 15:15, 21, vgl. NW.