Voetnoot
d Xerxes I was bekend vir sy onvoorspelbare, gewelddadige humeur. Die Griekse geskiedkundige Herodotus het voorbeelde hiervan opgeteken uit Xerxes se oorlog teen Griekeland. Die koning het beveel dat ’n pontonbrug van skepe oor die Straat van Hellespont gebou word. Toe ’n storm die brug verwoes het, het Xerxes beveel dat die ingenieurs onthoof word en het hy sy manskappe selfs die Hellespont laat “straf” deur die water met swepe te slaan terwyl ’n beledigende verklaring hardop gelees is. Gedurende dieselfde krygstog, toe ’n ryk man gesmeek het dat sy seun van militêre diens vrygestel word, het Xerxes die seun middeldeur laat sny en sy liggaam as ’n waarskuwing laat ten toon stel.