Voetnoot
a Omdat ons onvolmaak is, doen en sê ons soms dinge wat ons broers en susters seermaak. Hoe reageer ons? Doen ons ons bes om weer vrede te maak? Is ons gou om jammer te sê? Of dink ons dat dit hulle probleem is en nie ons s’n nie? Of sê nou ons word maklik ontstel deur die woorde en dade van ander? Sê ons vir onsself: ‘Dit is maar net wie ek is’? Of besef ons dat dit ’n swakheid is waaraan ons moet werk?