Voetnoot
a Toe Jesus gesê het dat sy skape na sy stem sou luister, het hy bedoel dat sy dissipels na sy leringe sou luister en dit in hulle lewe sou toepas. In hierdie artikel gaan ons twee van Jesus se leringe bespreek. Die eerste een is Jesus se opdrag om op te hou om angstig te wees oor materiële dinge, en die tweede een is sy opdrag om op te hou om ander te oordeel. Ons gaan bespreek hoe ons kan toepas wat hy ons geleer het.