Voetnoot
a In die Bybel dra die oorspronklike woorde wat met losprys vertaal word, die gedagte oor van ’n prys, of iets van waarde, wat betaal word. Byvoorbeeld, die Hebreeuse werkwoord ka·farʹ beteken basies “bedek” (Genesis 6:14). Dit verwys gewoonlik na die bedekking van sonde (Psalm 65:3). Die selfstandige naamwoord koʹpher verwys na die prys wat betaal is om hierdie bedekking, of bevryding, te bewerkstellig (Eksodus 21:30). En die Griekse woord luʹtron, wat gewoonlik met “losprys” vertaal word, kan ook as “loskoopprys” weergegee word (Matteus 20:28; The New Testament in Modern Speech, by R.F. Weymouth). Griekse skrywers het die term gebruik om te verwys na ’n prys wat betaal is om ’n krygsgevangene of ’n slaaf te bevry.