-
Waarom laat God lyding toe?Die Wagtoring — 2014 | Januarie 1
-
-
Susan: Sekerlik. “En die slang was die versigtigste van al die wilde diere van die veld wat Jehovah God gemaak het. Toe het hy vir die vrou begin sê: ‘Is dit werklik so dat God gesê het dat julle nie van al die bome van die tuin mag eet nie?’ Hierop het die vrou vir die slang gesê: ‘Van die vrugte van die bome van die tuin mag ons eet. Maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: “Julle mag daarvan nie eet nie, nee, julle mag daaraan nie raak nie, sodat julle nie sterf nie.”’ Hierop het die slang vir die vrou gesê: ‘Julle sal sekerlik nie sterf nie. Want God weet dat die dag as julle daarvan eet, julle oë sekerlik geopen sal word en julle sekerlik soos God sal word deur goed en kwaad te ken.’”
-
-
Waarom laat God lyding toe?Die Wagtoring — 2014 | Januarie 1
-
-
Michelle: In sekere sin het dit. Maar Satan se uitdaging het meer behels. Kyk weer na vers 5. Sien jy wat anders Satan vir Eva gesê het?
Susan: Hy het gesê dat haar oë geopen sal word as sy van die vrug eet.
Michelle: Ja, en dat sy “soos God sal word deur goed en kwaad te ken”. Satan het dus beweer dat God iets goeds van die mens weerhou.
Susan: Ek sien.
Michelle: En dit was ook ’n groot geskil.
Susan: Wat bedoel jy?
Michelle: Deur dit te sê, het Satan beweer dat Eva—en by uitbreiding, alle mense—beter sou vaar sonder God se heerskappy. Ook in hierdie geval het Jehovah geweet dat die beste manier om die geskil te besleg, sou wees om Satan toe te laat om sy bewering te probeer staaf. Daarom het God Satan toegelaat om ’n tyd lank oor hierdie wêreld te regeer. Dit verklaar waarom ons soveel lyding om ons sien—Satan is die eintlike heerser van die wêreld, nie God nie.d Maar daar is goeie nuus.
-