-
Jehovah is “’n Openbaarder van geheime”Die Wagtoring — 2012 | Junie 15
-
-
4. Uit wie bestaan die saad van die vrou, en wat sal hierdie saad doen?
4 Kort ná die opstand in Eden het Jehovah ’n belofte gemaak dat ’n “vrou” ’n “saad” sou voortbring.a (Lees Genesis 3:15.) Hierdie saad sal uiteindelik die kop van die slang, Satan, verbrysel. Jehovah het later geopenbaar dat die saad deur Abraham sou kom, tot die nasie Israel sou behoort, ’n Judeër sou wees en ’n nakomeling van koning Dawid sou wees (Gen. 22:15-18; 49:10; Ps. 89:3, 4; Luk. 1:30-33). Die vernaamste deel van hierdie saad is Christus Jesus (Gal. 3:16). Die sekondêre deel van die saad bestaan uit die geesgesalfde lede van die Christengemeente (Gal. 3:26-29). Jesus en hierdie gesalfdes verenig om God se Koninkryk te vorm, die instrument waarmee God Satan sal verbrysel.—Luk. 12:32; Rom. 16:20.
5, 6. (a) Hoeveel groot moondhede identifiseer Daniël en Johannes? (b) Wat stel die koppe van die wilde dier van Openbaring voor?
5 Daardie eerste profesie wat in Eden gegee is, het ook gesê dat Satan ’n “saad” sou voortbring. Sy saad sou vyandskap, of haat, teenoor die saad van die vrou openbaar. Uit wie bestaan die saad van die slang? Almal wat, soos Satan, God haat en God se volk teëstaan. Deur die geskiedenis heen het Satan sy saad in verskillende politieke bewegings, of koninkryke, georganiseer (Luk. 4:5, 6). Maar betreklik min mensekoninkryke het ’n groot invloed uitgeoefen op God se volk, hetsy die nasie Israel of die gemeente van gesalfde Christene. Waarom is hierdie feit betekenisvol? Omdat dit verklaar waarom die visioene van Daniël en Johannes altesaam net agt sulke groot moondhede beskryf.
-
-
Jehovah is “’n Openbaarder van geheime”Die Wagtoring — 2012 | Junie 15
-
-
7. Wat stel die eerste kop voor, en waarom?
7 Die eerste kop van die dier stel Egipte voor. Waarom? Omdat Egipte die eerste groot moondheid was wat vyandskap teenoor God se volk geopenbaar het. Die nakomelinge van Abraham—deur wie die beloofde saad van die vrou sou kom—het in Egipte talryk geword. Toe het Egipte Israel onderdruk. Satan het ’n poging aangewend om God se volk uit te wis voordat die saad kon verskyn. Hoe? Deur Farao te beweeg om alle Israelitiese seuntjies dood te maak. Jehovah het hierdie poging verydel en sy volk uit slawerny in Egipte bevry (Eks. 1:15-20; 14:13). Later het hy die Israeliete in die Beloofde Land gevestig.
8. Wat is die identiteit van die tweede kop, en wat het dit probeer doen?
8 Die tweede kop van die dier stel Assirië voor. Hierdie magtige koninkryk het ook God se volk probeer uitwis. Jehovah het Assirië weliswaar gebruik as sy instrument om die tienstammeryk vir hulle afgodediens en opstand te straf. Maar toe het Assirië Jerusalem aangeval. Dit was moontlik Satan se oogmerk om die koninklike lyn uit te wis wat uiteindelik tot Jesus sou lei. Hierdie aanval was nie deel van Jehovah se voorneme nie, en hy het sy getroue volk wonderdadig verlos deur die invallers te vernietig.—2 Kon. 19:32-35; Jes. 10:5, 6, 12-15.
-
-
Jehovah is “’n Openbaarder van geheime”Die Wagtoring — 2012 | Junie 15
-
-
13 Jehovah het die Medo-Persiese Ryk gebruik om ’n profesie te vervul deur Babilon omver te werp en die Israeliete in hulle vaderland te herstel (2 Kron. 36:22, 23). Maar later het hierdie selfde moondheid amper God se volk uitgewis. Volgens die Bybelboek Ester het die eerste minister van Persië, ’n man met die naam Haman, ’n komplot gesmee. Hy het gereël dat al die Jode wat in die ontsaglike Persiese Ryk woon, uitgewis word en het ’n spesifieke datum vasgestel waarop die volksmoord moes plaasvind. Dit was slegs te danke aan Jehovah se ingryping dat Sy volk weer eens teen die vyandigheid van Satan se saad beskerm is (Est. 1:1-3; 3:8, 9; 8:3, 9-14). Medo-Persië word dus gepas deur die vierde kop van die dier van Openbaring afgebeeld.
-
-
Jehovah is “’n Openbaarder van geheime”Die Wagtoring — 2012 | Junie 15
-
-
16. Wat het Antiogos IV gedoen?
16 Nadat Persië verower is, het Griekeland oor die land van God se volk geheers. Teen hierdie tyd is die Jode in die Beloofde Land hervestig en het hulle die tempel in Jerusalem herbou. Hulle was nog steeds God se uitverkore volk, en die herboude tempel was nog steeds die sentrum vir ware aanbidding. Maar in die tweede eeu VHJ het Griekeland, die vyfde kop van die wilde dier, God se volk aangeval. Antiogos IV, een van die erfgename van Aleksander se verdeelde ryk, het ’n heidense altaar op die terrein van die tempel in Jerusalem opgerig en het die beoefening van die Joodse godsdiens verklaar tot ’n misdaad wat met die dood strafbaar is. Wat ’n boosaardige daad deur hierdie deel van Satan se saad! Maar Griekeland is kort voor lank uit sy posisie as wêreldmoondheid verdring. Wie sou die sesde kop van die wilde dier wees?
-
-
Jehovah is “’n Openbaarder van geheime”Die Wagtoring — 2012 | Junie 15
-
-
17. Watter sleutelrol het die sesde kop in die vervulling van Genesis 3:15 gespeel?
17 Rome was die oorheersende moondheid toe Johannes die visioen van die wilde dier ontvang het (Op. 17:10). Hierdie sesde kop het ’n sleutelrol gespeel in die vervulling van die profesie wat in Genesis 3:15 opgeteken is. Satan het Romeinse amptenare gebruik om die saad tydelik buite aksie te stel en het dit sodoende “in die hakskeen” gewond. Hoe? Hulle het Jesus op die valse aanklag van sedisie verhoor en hom laat teregstel (Matt. 27:26). Maar hierdie wond is gou genees omdat Jehovah Jesus opgewek het.
18. (a) Watter nuwe nasie het Jehovah gekies, en waarom? (b) Hoe het die slang se saad voortgegaan om vyandskap teenoor die saad van die vrou te openbaar?
18 Die godsdiensleiers van Israel het met Rome saamgesweer teen Jesus, en die meerderheid van die volk het hom ook verwerp. Gevolglik het Jehovah natuurlike Israel as sy volk verwerp (Matt. 23:38; Hand. 2:22, 23). Hy het toe ’n nuwe nasie gekies, “die Israel van God” (Gal. 3:26-29; 6:16). Hierdie nasie is die gemeente van gesalfde Christene wat uit Jode sowel as nie-Jode bestaan (Ef. 2:11-18). Ná Jesus se dood en opstanding het die saad van die slang voortgegaan om vyandskap teenoor die saad van die vrou te openbaar. Rome het by meer as een geleentheid die Christengemeente, die sekondêre deel van die saad, probeer uitwis.c
-
-
Jehovah is “’n Openbaarder van geheime”Die Wagtoring — 2012 | Junie 15
-
-
a Hierdie vrou stel Jehovah se gemalinorganisasie voor wat uit geesskepsele in die hemel bestaan.—Jes. 54:1; Gal. 4:26; Op. 12:1, 2.
-
-
Jehovah is “’n Openbaarder van geheime”Die Wagtoring — 2012 | Junie 15
-
-
c Hoewel Rome Jerusalem in 70 HJ vernietig het, was hierdie daad van aggressie nie deel van die vervulling van Genesis 3:15 nie. Teen hierdie tyd was vleeslike Israel nie meer God se uitverkore volk nie.
-