-
“Ek is bereid om te gaan”Die Wagtoring (Publieke uitgawe) — 2016 | Nr. 3
-
-
Een aand, nadat sy haar waterkruik vol gemaak het, het ’n bejaarde man vinnig na haar toe aangeloop gekom. Hy het vir haar gesê: “Gee my asseblief ’n slukkie water uit jou kruik.” Dit was ’n beskeie versoek, en hy het so mooi gevra! Rebekka kon sien dat die man ver gereis het. Daarom het sy die kruik vinnig van haar skouer afgehaal en hom water laat drink, nie net ’n slukkie nie, maar genoeg van die vars, koel water. Sy het sy karavaan van tien kamele gesien en opgelet dat die drinkbak nog nie vol water was nie. Sy kon sien dat sy vriendelike oë haar fyn dophou, en sy wou so vrygewig as moontlik wees. Daarom het sy gesê: “Ook vir u kamele sal ek water skep totdat hulle klaar gedrink het.”—Genesis 24:17-19.
Let op dat Rebekka nie aangebied het om die tien kamele net ’n bietjie water te gee nie, maar om hulle genoeg water te gee. As ’n kameel baie dors is, kan hy meer as 95 liter water drink! As al tien kamele so dors was, sou Rebekka ure lank hard moes werk. Maar die kamele was heel moontlik nie baie dors nie.a Het Rebekka dit geweet toe sy aangebied het om vir hulle water te skep? Nee. Sy was gewillig, selfs gretig, om so hard te werk as wat nodig was om gasvryheid aan hierdie bejaarde vreemdeling te toon. Hy het haar aanbod aanvaar. Toe het hy haar met groot belangstelling dopgehou terwyl sy heen en weer gehardloop het om haar waterkruik ’n hele paar keer vol te maak en dan weer in die drinkbak leeg te maak.—Genesis 24:20, 21.
-
-
“Ek is bereid om te gaan”Die Wagtoring (Publieke uitgawe) — 2016 | Nr. 3
-
-
a Dit was reeds aand. Daar is geen aanduiding in die verslag dat Rebekka ure lank by die put besig was nie. Die verslag impliseer nie dat haar gesin al geslaap het teen die tyd dat sy klaar was nie of dat enigiemand kom kyk het waarom sy so lank wegbly nie.
-