-
Is lewe vir jou so kosbaar as wat dit vir God is?‘Hou julle in God se liefde’
-
-
16. Watter Bybelbeginsel is van toepassing op aborsie? (Sien ook voetnoot.)
16 Selfs die lewe van die ongeborenes is kosbaar in God se oë. As iemand in eertydse Israel ’n swanger vrou beseer het sodat sy of haar baba as gevolg daarvan gesterf het, het God die skuldige as ’n moordenaar beskou en moes hy “siel vir siel” betaal (Eksodus 21:22, 23).c Stel jou dan voor hoe Jehovah voel wanneer hy sien dat tallose ongebore babas elke jaar opsetlik geaborteer word, baie van hulle bloot ter wille van gerief en seksuele bevryding.
-
-
Is lewe vir jou so kosbaar as wat dit vir God is?‘Hou julle in God se liefde’
-
-
c Bybelleksikograwe sê dat die bewoording van die Hebreeuse teks “dit blykbaar onmoontlik maak dat die woorde na die besering van die vrou alleen verwys”. Let ook daarop dat die Bybel glad nie sê dat die ouderdom van die embrio of fetus ’n faktor by Jehovah se oordeel is nie.
-