-
“Jehovah ken dié wat aan hom behoort”Die Wagtoring — 2014 | Julie 15
-
-
4. Waarvan was Paulus oortuig, en hoe het hy sy oortuiging teenoor Timoteus uitgespreek?
4 Paulus was seker dat Jehovah huigelagtige aanbidding kon raaksien, en hy was eweneens oortuig dat Jehovah diegene wat Hom gehoorsaam, kon identifiseer. Paulus se sterk oortuiging kan gesien word in die woorde wat hy gebruik het toe hy onder inspirasie aan Timoteus geskryf het. Nadat Paulus verwys het na die geestelike skade wat afvalliges reeds aan party in die gemeente aangerig het, het hy geskryf: “Tog staan die fondament van God vas en het dit hierdie seël: ‘Jehovah ken dié wat aan hom behoort’, en: ‘Laat elkeen wat die naam van Jehovah noem, afstand doen van onregverdigheid.’”—2 Tim. 2:18, 19.
-
-
“Jehovah ken dié wat aan hom behoort”Die Wagtoring — 2014 | Julie 15
-
-
6 Paulus meld “die [vaste] fondament van God” in dieselfde konteks waarin hy Moses se woorde oor Korag en sy ondersteuners aanhaal, wat in Numeri 16:5 opgeteken is. Paulus het blykbaar na die gebeurtenisse in Moses se dag verwys om Timoteus aan te moedig en hom te herinner aan Jehovah se vermoë om opstandige dade raak te sien en teë te werk. Net soos Jehovah nie toegelaat het dat Korag eeue tevore sy voorneme in die wiele ry nie, sou hy nie toelaat dat afvalliges in die gemeente dit doen nie. Paulus het nie breedvoerig verduidelik wat deur “die [vaste] fondament van God” voorgestel word nie. Maar die woorde wat hy gebruik het, het Timoteus ongetwyfeld verseker dat hy vertroue kan hê in die manier waarop Jehovah dinge doen.
-
-
“Jehovah ken dié wat aan hom behoort”Die Wagtoring — 2014 | Julie 15
-
-
8, 9. Watter les kan ons leer uit die “seël” in Paulus se illustrasie?
8 In Paulus se illustrasie in 2 Timoteus 2:19 praat hy van ’n fondament wat ’n boodskap bevat, asof ’n seël daarop afgedruk is. In die ou tyd was daar dikwels ’n inskripsie op ’n gebou se fondament, wat dalk getoon het wie dit gebou het of aan wie dit behoort het. Paulus was die eerste Bybelskrywer wat hierdie illustrasie gebruik het.a Die seël op “die [vaste] fondament van God” bevat twee verklarings. Eerstens, “Jehovah ken dié wat aan hom behoort”, en tweedens, “Laat elkeen wat die naam van Jehovah noem, afstand doen van onregverdigheid”. Dit herinner ons aan die woorde in Numeri 16:5.—Lees.
-