-
Hoe kan jy ’n huis bestuur?Die geheim van gesinsgeluk
-
-
16, 17. (a) Watter wet van Jehovah het die Israeliete teen sekere siektes beskerm? (b) Hoe kan die beginsel agter Deuteronomium 23:12, 13 in alle huise toegepas word?
16 Beskou nog ’n voorbeeld. Ongeveer 3 500 jaar gelede het God vir die nasie Israel sy Wet gegee om hulle aanbidding en in sekere mate ook hulle alledaagse lewe te reël. Daardie Wet het die nasie teen siekte help beskerm deur ’n paar basiese reëls in verband met higiëne te gee. Een van hierdie wette het verband gehou met die verwydering van menslike uitwerpsel, wat behoorlik begrawe moes word buite die kamp sodat die gebied waar mense gewoon het nie besoedel sou word nie (Deuteronomium 23:12, 13). Daardie eertydse wet bevat steeds goeie raad. Selfs vandag word mense siek en sterf hulle omdat hulle dit nie volg nie.a
-
-
Hoe kan jy ’n huis bestuur?Die geheim van gesinsgeluk
-
-
a In ’n handleiding oor die voorkoming van diaree—’n algemene siekte wat tot die dood van talle jong kindertjies lei—sê die Wêreldgesondheidsorganisasie: “As daar nie ’n toilet is nie: moet jy jou weg van die huis af, en van gebiede waar kinders speel, en ten minste 10 meter van die watervoorraad af gaan ontlas; bedek die uitwerpsel met grond.”
-