-
’n Man na Jehovah se hartDie Wagtoring — 2011 | September 1
-
-
Dawid se werk was nie sonder gevare nie. Dit was in hierdie heuwels waar hy voor ’n leeu sowel as ’n beer te staan gekom het wat skape uit die trop probeer wegdra het.a Hierdie moedige seun het die roofdiere agternagesit, hulle doodgemaak en sy skape uit hulle bek gered (1 Samuel 17:34-36). Dit was dalk gedurende hierdie tyd van sy lewe dat Dawid geleer het om die slinger goed te gebruik. Die gebied van Benjamin was nie ver van sy tuisdorp af nie. Die manne van daardie stam kon klippe “op ’n haar slinger en het nie gemis nie”. Dawid was net so sekuur met sy slinger.—Rigters 20:14-16; 1 Samuel 17:49.
-
-
’n Man na Jehovah se hartDie Wagtoring — 2011 | September 1
-
-
a Die Siriese bruinbeer, wat vroeër in Palestina voorgekom het, het gemiddeld ongeveer 140 kilogram geweeg, en ’n hou met sy groot pote kon dodelik wees. Daar was eens op ’n tyd baie leeus in die gebied. Jesaja 31:4 sê dat selfs “’n volle aantal herders” nie ’n “jong maanhaarleeu” van sy prooi sou kon wegjaag nie.
-