-
Sy het goeie oordeel aan die dag gelêVolg hulle geloof na
-
-
HOOFSTUK NEGE
Sy het goeie oordeel aan die dag gelê
1-3. (a) Hoe het dit gekom dat Abigail se huishouding in gevaar verkeer het? (b) Wat sal ons oor hierdie merkwaardige vrou uitvind?
ABIGAIL het die paniek in die jong man se oë gesien. Hy was vreesbevange—en met goeie rede. Groot gevaar het gedreig. Op daardie oomblik was omtrent 400 krygsmanne in aantog, vasbeslote om elke man in die huishouding van Nabal, Abigail se man, dood te maak. Waarom?
2 Dit het alles met Nabal begin. Hy het soos gewoonlik hardvogtig en minagtend opgetree. Maar dié keer het hy die verkeerde man beledig—die geliefde bevelvoerder van ’n lojale en geoefende groep krygsmanne. Nou het een van Nabal se jong werkers, dalk ’n herder, na Abigail toe gekom, in die vertroue dat sy met ’n plan vorendag sou kom om hulle te red. Maar wat kon een vrou teen ’n hele leër doen?
Wat kon een vrou teen ’n hele leër doen?
-
-
Sy het goeie oordeel aan die dag gelêVolg hulle geloof na
-
-
“Hy het teen hulle uitgevaar”
8. Vir wie het Nabal beledig, en waarom sou jy sê dat dit baie onverstandig was?
8 Nabal het so pas Abigail se situasie moeiliker as ooit gemaak. Die man wat hy beledig het, was niemand anders nie as Dawid. Hy was die getroue kneg van Jehovah wat deur die profeet Samuel gesalf is as teken dat Dawid deur God gekies is om Saul as koning op te volg (1 Sam. 16:1, 2, 11-13). Dawid, wat vir die jaloerse en moorddadige koning Saul gevlug het, het saam met sy 600 lojale krygsmanne in die wildernis gebly.
-
-
Sy het goeie oordeel aan die dag gelêVolg hulle geloof na
-
-
12 Hy was erg verontwaardig! “Hy het teen hulle uitgevaar”, het die jong man wat aan die begin gemeld is, die situasie aan Abigail beskryf. Die suinige Nabal het luidkeels gekla oor sy kosbare brood, water en geslagte vleis. Hy het spottend na Dawid verwys as iemand onbelangriks en hom met ’n wegloperkneg vergelyk. Nabal se beskouing was dalk soortgelyk aan dié van Saul, wat Dawid gehaat het. Nie een van die twee mans het Jehovah se beskouing gehad nie. God het Dawid liefgehad en het hom nie as ’n opstandige slaaf beskou nie, maar as die toekomstige koning van Israel.—1 Sam. 25:10, 11, 14.
-
-
Sy het goeie oordeel aan die dag gelêVolg hulle geloof na
-
-
14. (a) Hoe het Abigail die eerste stap gedoen om die onreg wat Nabal gepleeg het, reg te stel? (b) Watter praktiese les kan ons uit die verskil tussen Nabal en Abigail leer? (Sien ook die voetnoot.)
14 In sekere sin het ons reeds gesien dat Abigail die eerste stap gedoen het om hierdie verskriklike onreg reg te stel. In teenstelling met haar man, Nabal, was sy bereid om te luister. Dit sou nie help om na Nabal toe te gaan nie, want die jong kneg het gesê dat Nabal “’n te groot deugniet is om met hom te praat” (1 Sam. 25:17).c Ongelukkig het Nabal se hoë dunk van homself hom onwillig gemaak om te luister. Sulke hooghartigheid is selfs vandag nog baie algemeen. Maar die jong man het geweet dat Abigail nie so is nie, en dit is ongetwyfeld waarom hy met hierdie probleem na haar toe gekom het.
In teenstelling met Nabal was Abigail bereid om te luister
-