-
“Die stryd behoort aan Jehovah”Die Wagtoring (Publieke uitgawe) — 2016 | Nr. 5
-
-
Dawid se bemoedigende woorde aan die koning was: “Laat die hart van geen man in hom beswyk nie.” Saul en sy manne het beslis moed verloor weens Goliat. Dalk het hulle die menslike fout gemaak om hulleself te vergelyk met hierdie reus van ’n man wat byna twee keer so lank soos hulle was. Hulle het in hulle verbeelding gesien hoe hierdie gepantserde reus gou-gou met hulle klaarspeel. Maar Dawid het nie so geredeneer nie. Soos ons sal sien, het hy ’n ander beskouing gehad. Daarom het hy gesê dat hy teen Goliat sal veg.—1 Samuel 17:32.
-
-
“Die stryd behoort aan Jehovah”Die Wagtoring (Publieke uitgawe) — 2016 | Nr. 5
-
-
Dawid het goed geweet hoe groot Goliat is en watter wapens hy het. Maar Dawid het hom nie daardeur laat afskrik nie. Hy het nie dieselfde fout as Saul en sy soldate gemaak nie. Dawid het homself nie met Goliat vergelyk nie. Hy het Goliat eerder met Jehovah vergelyk. Goliat was 2,9 meter lank en het bo ander mans uitgetoring, maar hoe groot was hy in vergelyking met die Soewerein van die heelal? Soos enige ander mens was hy skaars groter as ’n insek—’n insek wat binnekort deur Jehovah uitgewis sou word!
Dawid het na sy vyand toe gehardloop en sy hand in sy sak gesteek om ’n klip uit te haal. Hy het die klip in die slinger gesit en dit toe bokant sy kop geswaai totdat dit begin fluit het. Goliat het nader aan Dawid beweeg, moontlik met sy skilddraer reg voor hom. Goliat se lengte was eintlik tot sy nadeel, aangesien ’n skilddraer van gemiddelde lengte die skild nie hoog genoeg sou kon hou om die reus se kop te beskerm nie. En dit is juis waarna Dawid gemik het.—1 Samuel 17:41.
-
-
Dawid en Goliat—Het dit werklik gebeur?Die Wagtoring (Publieke uitgawe) — 2016 | Nr. 5
-
-
1 | Is dit werklik moontlik dat ’n man sowat 2,9 meter lank kan wees?
Die Bybel sê dat Goliat “ses el en ’n span” lank was (1 Samuel 17:4). Die el waarvan hier gepraat word, is 44,5 sentimeter; die span is 22,2 sentimeter. Dit beteken dat Goliat ongeveer 2,9 meter lank was. Party sê dat Goliat nie so lank kon gewees het nie, maar dink hieraan: In hedendaagse tye was die langste man waarvan ons weet, meer as 2,7 meter lank. Is dit werklik onmoontlik dat Goliat ongeveer 15 sentimeter langer was? Hy was uit die stam van die Refaïete, wat daarvoor bekend was dat hulle buitengewoon lank was. ’n Egiptiese dokument uit die 13de eeu VHJ sê dat party gevreesde soldate in Kanaän meer as 2,4 meter lank was. Al was dit ongewoon vir ’n man om so lank soos Goliat te wees, was dit nie onmoontlik nie.
-