-
“Jehovah . . . het groot krag”Kom nader aan Jehovah
-
-
15. Met watter doel gebruik Jehovah sy krag wanneer dit by sy knegte kom, en hoe kan dit in Elia se geval gesien word?
15 Jehovah gebruik ook sy krag tot voordeel van ons as individue. Let op wat 2 Kronieke 16:9 sê: “Die oë van Jehovah deursoek die hele aarde om dié te ondersteun wat met hulle hele hart op hom vertrou.” Elia se ondervinding, wat aan die begin gemeld is, is ’n voorbeeld hiervan. Waarom het Jehovah hom daardie ontsagwekkende vertoning van Goddelike krag gegee? Wel, goddelose koningin Isebel het gesweer dat sy Elia sou laat teregstel. Die profeet het gevlug vir sy lewe. Hy het alleen, bang en mismoedig gevoel – asof al sy harde werk tevergeefs was. Om die verontruste man te vertroos, het Jehovah Elia op aanskoulike wyse aan Sy krag herinner. Die wind, die aardbewing en die vuur het getoon dat die almagtigste Wese in die heelal daar by Elia was. Waarom sou hy Isebel vrees as die almagtige God aan sy kant is? – 1 Konings 19:1-12.b
-
-
“Jehovah . . . het groot krag”Kom nader aan Jehovah
-
-
b Die Bybel sê: “Jehovah was nie in die wind . . . , die aardbewing . . . , die vuur nie.” In teenstelling met aanbidders van mitiese natuurgode soek Jehovah se knegte hom nie in die natuurkragte nie. Hy is veels te verhewe om binne-in enige iets te wees wat hy geskep het. – 1 Konings 8:27.
-