-
‘U sal vurig verlang’Die Wagtoring — 2011 | Maart 1
-
-
Let op die agtergrond. Job, ’n man met uitsonderlike geloof, verduur hewige beproewinge—onder meer die verlies van sy materiële besittings, die dood van al sy geliefde kinders en ’n pynlike siekte. Oorweldig deur ellende roep hy uit tot God: “Ag, as u my maar in Sjeool [die mensdom se gemeenskaplike graf] wou verberg!” (vers 13). Job beskou Sjeool as ’n welkome verligting. Daar sal hy, soos ’n skat wat deur God verberg is, vry wees van ontberinge en pyn.a
Sal Job vir altyd in Sjeool verskuil bly? Job dink nie so nie. Hy sê verder in sy gebed: “Ag, as . . . u maar vir my ’n tydgrens wou stel en aan my wou dink!” Job het die vertroue dat hy net tydelik in Sjeool sal bly en dat Jehovah hom nie sal vergeet nie. Job vergelyk die tyd wat hy in Sjeool sal deurbring met “dwangarbeid”—’n verpligte wagtyd. Hoe lank sal dit wees? “Totdat my verligting kom”, sê hy (vers 14). Daardie verligting sal verlossing uit Sjeool beteken—met ander woorde, ’n opstanding uit die dood!
-
-
‘U sal vurig verlang’Die Wagtoring — 2011 | Maart 1
-
-
a Een naslaanwerk sê dat Job se woorde ‘verberg my’ kan beteken “om [my] veilig weg te bêre as ’n kosbare bewaargewing”. ’n Ander bron sê dat hierdie woorde impliseer: “Steek my weg soos ’n skat.”
-