-
Toon besorgdheid teenoor enkelouersDie Wagtoring — 2010 | Desember 1
-
-
Dit dra tot jou eie vreugde by. Het jy al ooit iemand ’n vrag help dra wat te swaar was vir een persoon? Indien wel, het jy waarskynlik ’n gevoel van bevrediging ervaar in die wete dat jy iemand op ’n praktiese wyse gehelp het. Enkelouers dra eweneens ’n vrag wat soms te swaar kan wees vir een persoon. Wanneer jy in hulle behoeftes voorsien deur ’n helpende hand te verleen, sal jy vind hoe waar die woorde van Psalm 41:1 is: “Gelukkig is elkeen wat ag gee op die geringe.”
-
-
Toon besorgdheid teenoor enkelouersDie Wagtoring — 2010 | Desember 1
-
-
Dit lyk dalk logies om vir ’n enkelouer te vra: “Hoe kan ek help?” Maar realisties gesproke lei dit selde daartoe dat iemand vir jou sê wat hy of sy werklik nodig het. Soos ons vroeër gesien het, beveel Psalm 41:1 aan dat ons “ag gee op die geringe”. Een naslaanwerk verduidelik dat die Hebreeuse woord wat hier gebruik word, kan verwys na “die proses om ’n komplekse reeks gedagtes te oordink, wat tot ’n verstandige handelswyse lei”.
-