-
Die regverdiges sal God vir ewig loofDie Wagtoring — 2009 | Maart 15
-
-
11, 12. Wat is van die maniere waarop God se volk hulle materiële dinge gebruik?
11 God se volk, die gesalfde slaafklas sowel as dié wat die “groot menigte” uitmaak, was nog altyd vrygewig wat materiële dinge betref. Psalm 112:9 sê: “Hy het wyd en syd uitgedeel; hy het vir die armes gegee.” Ware Christene van vandag gee dikwels materiële bydraes aan mede-Christene en selfs aan bure wat dit nodig het. Hulle gebruik ook materiële middele om noodlenigingswerk tydens rampe te ondersteun. Soos Jesus aangedui het, is dít ook ’n bron van geluk.—Lees Handelinge 20:35; 2 Korintiërs 9:7.
12 Dink daarbenewens aan wat dit kos om hierdie tydskrif in 172 tale te publiseer, waarvan baie gepraat word deur mense wat betreklik arm is. Dink ook aan die feit dat hierdie tydskrif beskikbaar gemaak word in verskeie gebaretale wat deur die dowes gebruik word, asook in braille vir die blindes.
-
-
Die regverdiges sal God vir ewig loofDie Wagtoring — 2009 | Maart 15
-
-
“Met eer verhef”
17. Hoe sal die regverdige “met eer verhef word”?
17 Hoe genotvol sal dit tog wees om Jehovah verenig te loof, sonder teenstand van die Duiwel en sy wêreld! Hierdie vreugde sal die ewige lot wees van almal wat ’n regverdige posisie voor God behou. Hulle sal nie oorwonne en in skande neerbuig nie, want Jehovah belowe ook dat die “horing” van sy regverdige “met eer verhef [sal] word” (Ps. 112:9). Jehovah se regverdige sal seëvierend jubel wanneer hy die ondergang van al die vyande van Jehovah se soewereiniteit sien.
-