-
Wees lief vir dié vir wie God lief is‘Hou julle in God se liefde’
-
-
2 Die Bybel noem ’n onweerlegbare waarheid wanneer dit sê: “Hy wat met wyses wandel, sal wys word, maar hy wat hom met die sotte inlaat, met hom sal dit sleg gaan” (Spreuke 13:20). Hierdie spreuk praat nie net van terloopse kontak nie. Die uitdrukking ‘wandel met’ dui op voortgesette omgang.a Een Bybelnaslaanwerk lewer kommentaar op hierdie vers en sê: “Om met iemand te wandel, impliseer liefde en gehegtheid.” Sou jy nie saamstem dat ons geneig is om dié vir wie ons lief is, na te volg nie? Om die waarheid te sê, omdat ons ’n emosionele band vorm met dié vir wie ons lief is, kan hulle ’n groot invloed op ons hê—hetsy goed of sleg.
-
-
Wees lief vir dié vir wie God lief is‘Hou julle in God se liefde’
-
-
a Die Hebreeuse woord wat vertaal word as “inlaat”, word ook vertaal as ‘geselskap hou’ en “omgaan”.—Rigters 14:20; Spreuke 22:24.
-