-
“Heilig, heilig, heilig is Jehovah”Die Wagtoring — 2011 | Desember 1
-
-
AS JY een woord moes kies om Jehovah God—sy wese, of natuur—te beskryf, watter woord sou jy kies? Die profeet Jesaja is in die agtste eeu VHJ ’n visioen gegee waarin hy gehoor het hoe geesskepsele Jehovah verheerlik en ’n woord gebruik wat ’n vername aspek van Sy wese beskryf—heiligheid. Wat Jesaja gesien en gehoor het, moet ons met ontsag vervul en ons nader aan Jehovah laat kom. Terwyl ons die woorde in Jesaja 6:1-3 bespreek, stel jou voor dat jy daar is.
-
-
“Heilig, heilig, heilig is Jehovah”Die Wagtoring — 2011 | Desember 1
-
-
Jesaja word nie net met ontsag vervul deur wat hy sien nie, maar ook deur wat hy hoor. Die serafs vorm ’n hemelse koor en verhef hulle stemme in sang. Jesaja skryf: “Die een het die ander toegeroep en gesê: ‘Heilig, heilig, heilig is Jehovah van die leërs’” (vers 3). Die Hebreeuse woord wat met “heilig” vertaal word, dra die gedagte van reinheid en suiwerheid oor. Die woord sluit ook “die gedagte van volkome vryheid en afgeskeidenheid van wat sondig is” in. Die serafs sing die woord “heilig” drie keer in wat dalk ’n ononderbroke antifonale lied is, wat beklemtoon dat Jehovah in die hoogste graad heilig is (Openbaring 4:8). Heiligheid is dus ’n onderskeidende kenmerk van sy persoonlikheid. Jehovah is deur en deur suiwer, rein en vlekkeloos.
-