-
Die nuwe wêreld—Sal jy daar wees?Die Wagtoring – 2000 | April 15
-
-
14, 15. Na watter lonende bedrywighede kan jy uitsien op grond van Jesaja 65:21, 22?
14 Jesaja wei nie uit oor hoe ’n moedswillige sondaar verwyder gaan word nie, maar beskryf eerder die lewensomstandighede wat in die nuwe wêreld sal heers. Probeer jou in die toneel indink. Wat jy jou moontlik eerste sal voorstel, is die dinge na aan jou. Jesaja bespreek dit in verse 21 en 22: “Hulle sal huise bou en bewoon, en wingerde plant en die vrug daarvan eet: hulle sal nie bou dat ’n ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat ’n ander dit eet nie; want die dae van my volk sal wees soos die dae van die bome, en my uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet.”
-
-
Die nuwe wêreld—Sal jy daar wees?Die Wagtoring – 2000 | April 15
-
-
16. Waarom kan jy verwag dat jy ewige geluk in die nuwe wêreld sal smaak?
16 Die wete dat jy jou eie huis sal hê, is van groter belang as om sulke besonderhede te weet. Dit sal joune wees—nie soos vandag waar jy dalk moet swoeg om te bou, maar iemand anders dan die voordeel daarvan kry nie. Jesaja 65:21 sê ook dat jy sal plant en die vrug daarvan eet. Dit som die algemene situasie baie duidelik op. Jou werk, die vrug van jou eie arbeid, sal jou baie gelukkig maak. Jy sal hierdie geluk gedurende ’n lang lewe—“soos die dae van die bome”—kan smaak. Dit beantwoord beslis aan die beskrywing: “alles nuut”!—Psalm 92:13-15.
-