-
’n God wat ‘vryelik vergewe’Kom nader aan Jehovah
-
-
10. Waarom moet ons, wanneer Jehovah ons sondes vergewe, nie voel dat ons vir die res van ons lewe die vlek van hierdie sondes dra nie?
10 Het jy al ooit probeer om ’n vlek uit ’n ligkleurige kledingstuk te verwyder? Ondanks al jou pogings kon die vlek dalk nog steeds gesien word. Let op hoe Jehovah sy vergewensgesindheid beskryf: “Al is julle sondes so rooi soos skarlaken, sal dit so wit soos sneeu gemaak word. Al is dit so rooi soos bloed, sal dit so wit soos wol word” (Jesaja 1:18). Die woord “skarlaken” verwys na ’n helderrooi kleur.a Ons kan nooit die vlek van sonde deur ons eie pogings verwyder nie. Maar Jehovah kan sondes wat soos skarlaken is, neem en hulle wit soos sneeu of ongekleurde wol maak. Wanneer Jehovah ons sondes vergewe, hoef ons nie te voel dat ons vir die res van ons lewe die vlek van hierdie sondes dra nie.
-